On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

VL kondig Jongboer 2015 finaliste aan

───   SABRINA DEAN 16:39 Mon, 16 Feb 2015

VL kondig Jongboer 2015 finaliste aan | News Article

Bloemfontein - Innoverende idees en gebruik van tegnologie is van die eienskappe wat die drie finaliste in vanjaar se Vrystaat Landbou Jongboer van die Jaar kompetisie laat uitblink het.

Dit is volgens Wessel Hattingh, voorsitter van die komitee, wat sê dit is duidelik dat Barend Grobler, Carel Hattingh en Johan Scheepers planmakers is.
 
Hy sê om te presteer in dié kompetisie, kan werklik ‘n verskil maak in ‘n jongboer se toekoms in die landbou.

Hattingh sê die drie jong manne staan uit in hul gemeenskap as leiers.
 
Die wenner sal op 16 April tydens ’n glansgeleentheid by Emoya Estate in Bloemfontein aangekondig word. VL vier op dieselfde dag, tydens hul jaarlikse konferensie, die komitee se 30ste bestaansjaar.
 
 
BAREND GROBLER
 
 
Grobler, sy vrou Juanita en hul gesin boer op die plaas Uitkyk in die Dewetsdorp omgewing. Hy bedryf ’n gemengde boerdery wat uit ’n braaikuiken afdeling, bees en vark komponente bestaan.  Hy sê hy verdeel risiko in sy onderneming in twee groepe, nl. volhoubaarheids risiko’s en operasionele risiko’s.
 
 
CAREL HATTINGH
 
 
 
Die Hattingh gesin is van die Wesselsbron distrik. Carel en sy vrou Sumaré boer saam met hul twee kinders op die plaas Robert Victor. Vir Hattingh is reënval by verre die grootste risiko vir sy boerdery. Hy probeer die risiko bestuur deur sy platdatum so laat as moontlik te maak om die mid-somer droogte teen te werk.
 
 
JOHAN SCHEEPERS
 
 
 
Scheepers, sy vrou Aletia en hul gesin boer in die Fouriesburg omgewing op die plaas Broadlands. Scheepers verdeel sy risiko’s op tussen die natuur, ekonomie, staatsbeleid en politiek. Scheepers hou ook die ekonomie en wisselkoerse dop om kontrakte vir graan, en strategiese koop en verkoop van insette en uitsette te bestuur.

Podcasts

Wessel Hattingh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.