On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Warm weerstoestande duur voort

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:37 Tue, 17 Feb 2015

Warm weerstoestande duur voort | News Article

Bloemfontein - Die Suid-Afrikaanse Weerburo sê warm weerstoestande gaan voortduur in die grootste deel van die sentrale binneland met ‘n hittegolf wat later vandeesweek in die noord-oostelike deel van Noordwes, dele van Gauteng en die westelike deel van Limpopo sal heers.

‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Phemelo Moloabi, sê warm temperature in die res van Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap kwalifiseer nie as ‘n hittegolf nie.
 
Volgens haar sal temperature tussen 36°Celsius en 38°Celsius wissel by Zeerust in Noordwes waar die hittegolf van Donderdag tot Saterdag sal duur. Sy sê gemeenskappe moet versigtig wees in die bloedige hitte.
 
Moloabi sê daar is van Donderdag tot Sondag ‘n 30% kans op reën in Noordwes en die Vrystaat, terwyl daar teen Saterdag en Sondag ‘n 60% kans in die oostelike deel van die Vrystaat is.
 
Volgens haar is daar vanmiddag in die sentrale deel van die Vrystaat 'n moontlikheid van reën, met ‘n wolkband wat van die verre oostelike deel van die Noord-Kaap by Kimberley deurbeweeg.
 
Christal-Lize Muller/OFM-nuus

Podcasts

Weervoorspeller Phemelo Moloabi:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.