On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Kraanvoëls 'is beslis vergiftig'

───   SABRINA DEAN 17:58 Tue, 10 Mar 2015

Kraanvoëls 'is beslis vergiftig' | News Article

Richmond - ‘n Gifkenner sê die voorval waarin honderde kraanvoëls op 'n plaas by Richmond in die Noord-Kaap vergiftig is, is een van die ergste gevalle wat hy in sy 30-jaar loopbaan nog teëgekom het.

Gerhard Verdoorn sê ‘n toksikologiese ontleding van monsters van die karkasse van die voëls, wat vermoedelik reeds in 2012 vergiftig is, dui aan dat daar hoë vlakke van die gif Diazinon teenwoordig was.
 
Die voëls is na bewering kwaadwillig met mielies, wat in die gif geweek is, gevoer. Verdoorn verduidelik hoekom die saak nie vroeër ondersoek is nie:
'Gerhard Verdoorn'
 
Hy sê die Noord-Kaapse departement van omgewingsake en bewaring asook die polisie is besig met 'n forensiese ondersoek. Die uitslag word nog afgewag.
 
Intussen sê Verdoorn, boere van oor die land heen oorval hom met oproepe om hul misnoë te kenne te gee. "Party boere is bekommerd oor die slegte naam wat dit die landbou gemeenskap gee. Ek is self bekommerd daaroor, maar die meeste boere wat my gebel het ná hierdie voorval, net soos met die van die aasvoëls, was bitter knorrig omdat dié ou kraanvoëls vergiftig het."
 
Verdoorn meen boere het 'n baie sagte plek vir voëls en sê meeste boere sal in hul lewe nooit 'n voël vergiftig nie.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.