On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Noordwes teleurgesteld dat hy nie na regeringsvergadering genooi is

───   SABRINA DEAN 17:45 Wed, 18 Mar 2015

Agri-Noordwes teleurgesteld dat hy nie na regeringsvergadering genooi is | News Article

Bloemfontein - Georganiseerde landbou in Noordwes sê dit is teleurstellend dat die portefeuljekomitee oor landelike-, omgewings- en landbou-ontwikkeling versuim het om ‘n uitnodiging aan Agri-Noordwes na ‘n vergadering met boere in die Kenneth Kaunda-distrik te stuur.

Agri- Noordwes se Boeta du Toit sê hulle probeer al ‘n geruime tyd om bande te bou met dié komitee ten einde die ontwikkeling van landbou in die provinsie te steun.
 
'Boeta du Toit'
 
Luidens ‘n verklaring sou die komitee se voorsitter, Ndleleni Duma,  vandag ‘n oorsigvergadering met boere hou om onder meer hul uitdagings met betrekking tot die departement se ondersteuning te bespreek.
 
Nog uitdagings waaroor gepraat sou word is kwessies rondom die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust en die stand van sake met plase wat in die grondhervormingsproses herstel is.
 
Sabrina Dean/OFM-nuus 

Podcasts

'Boeta du Toit':

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.