On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Business

Ekonomie 101: Wat is die monetêre beleid?

───   OLEBOGENG MOTSE 07:38 Fri, 26 Jan 2024

Ekonomie 101: Wat is die monetêre beleid? | News Article
FOTO: Waldo Krugell

Monetêre beleid is ’n manier om die aanbod van geld in die ekonomie aan te pas vir ’n stabiele inflasiekoers.

Soos algemeen verwag het die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee die repokoers onveranderd op 8,25% gehou. Die MBK het wel gewaarsku teen die risiko vir hoër inflasie weens die swakker rand en die onrus in die Rooisee wat handel wêreldwyd negatief raak.

Om dit te verstaan het OFM Sakeuur vir prof. Waldo Krugell van die Noordwes-Universiteit gevra om dit te verduidelik.

 Definisie van monetêre beleid

Monetêre beleid is ’n manier om die aanbod van geld in die ekonomie aan te pas vir ’n stabiele inflasiekoers. Die besluit in hierdie verband word deur die Reserwebank geneem.

Die Reserwebank se monetêre beleid word toegepas deur ’n korttermynbeleidskoers – die repokoers. Dit raak die leenkoste van die finansiële sektor wat weer die breër ekonomie raak. Die repokoers word so genoem omdat banke die Reserwebank ’n bate verskaf soos ’n staatseffek, in ruil vir kontant. Hulle kan later daardie bate terugkoop (repo) teen 'n laer prys, wat die rente weerspieël wat hulle betaal het (dit wil sê die repokoers) om die kontant te hê.

LEES OOK: SARB hou rentekoerse onveranderd

 Wat is die monetêrebeleidskomitee?

 Die monetêrebeleidskomitee is deel van die Reserwebank. Krugell sê dit bestaan uit die president van die bank, die adjunkpresidente en die hoof van navorsing. Hulle vergader in die week wat die rentekoersaankondiging gedoen word.

 Wat is die MBK se teikenband vir inflasie?

 Om die waarde van die rand te beskerm, gebruik die Reserwebank inflasieteikens, wat daarop gemik is om verbruikersprysinflasie tussen 3% en 6% te handhaaf. Die waarde van die geldeenheid word dus relatief tot binnelandse verbruikerspryse beskerm.

LEES OOK: Rentekoers weer hersien

 Suid-Afrika se verbruikersinflasie het in Desember vir die tweede opeenvolgende maand tot 5,1% op ’n jaargrondslag gedaal.

OFM Sakeuur

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.