Business
SARB hou rentekoerse onveranderd─── OLEBOGENG MOTSE 20:12 Mon, 27 Nov 2023
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het besluit om die repokoers onveranderd te hou op 8,25%.
Aubrey Larkins, 'n ontleder van Efficient Private Clients, sê aan OFM Sakeuur dat Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, die besluit geneem het ondanks die hoër inflasie.
Dit het in Oktober tot 5,9% gestyg teenoor 5,4% in September. Die styging word toegeskryf aan hoër brandstofpryse, beurtkrag en die uitbreking van voëlgriep.
LEES OOK: Streng monetêre beleid - die minste van twee euwels