On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Business

Suid-Afrika se werkloosheidskoers bly styg

───   15:03 Tue, 20 Feb 2024

Suid-Afrika se werkloosheidskoers bly styg | News Article
Foto: The Economic Times

“Die getal mense wat om ander redes as moedeloosheid nie ekonomies aktief was nie, het met 218 000 tot 13,4 miljoen toegeneem.”

Suid-Afrika se amptelike werkloosheidskoers was 32,1% in die vierde kwartaal van 2023.

Die resultate van die kwartaallikse arbeidsmagopname deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) toon 22 000 mense het hul werk verloor, wat die getal mense in diens op 16,7 miljoen te staan bring.

SSA sê die getal werklose mense het ook met 46 000 tot 7,9 miljoen in dieselfde kwartaal gestyg.

“Die getal mense wat om ander redes as moedeloosheid nie ekonomies aktief was nie, het met 218 000 tot 13,4 miljoen toegeneem, terwyl moedelose werksoekers in die vierde kwartaal van 2023 met 107 000 afgeneem het vergeleke met die derde kwartaal van 2023.

“Dit het gelei tot 'n netto toename van 111 000 in die nie ekonomies aktiewe bevolking,” sê SSA.

Die veranderinge in indiensneming en werkloosheid beteken die amptelike werkloosheidsyfer het met 0,2-persentasiepunt toegeneem.

Die werkloosheidsyfer het van 31,9% in die derde kwartaal van 2023 tot 32,1% in die vierde kwartaal gestyg.

OFM Nuus cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.