On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

Potchefstroom-sakekamer verkies nuwe lede

───   OLEBOGENG MOTSE 16:09 Wed, 28 Feb 2024

Potchefstroom-sakekamer verkies nuwe lede | News Article
Foto: Potchefstroom-sakekamer

Die nuwe voorsitter sal binnekort verkies word.

Die Potchefstroom Sakekamer het sy nuwe bestuur vir 2024/2025 termyn verkies en Juanita Smit se termyn as voorsitter het tot ’n einde gekom. Sy was die eerste vrou wat as voorsitter van die kamer verkies is. 

Smit gaan fokus op haar bemarkingsonderneming. Sy beplan om betrokke te bly by die sakekamer in ’n minder amptelike hoedanigheid.

Die bestuur is verlede Donderdag (22/2) op ’n spoggeleentheid wat aangewys. Hulle is:

  • Raadt Rademeyer: GNR Auditors
  • Johan Janse Van Rensburg: ALS Group South Africa
  • Juan Badenhorst: Engel & Völkers Potchefstroom
  • Nicholas van den Berg: De Villiers Attorneys
  • AJ du Plessis: Brocor
  • Christelle Snyman: FFG
  • Dewald van Breda: Potch Plastic
  • Elmor Kruger: Century21 Potchefstroom
  • Hermann du Plessis: ABSA
  • Reno Pretorius: EntruTech
  • Rochelle Roos: RJR Attorneys

Leierskap

In vyf jaar was Smit eers as bestuurder, toe ondervoorsitter, en uiteindelik voorsitter van die kamer verkies. Sy sê sy het baie geleer oor leierskap, hoe om 'n projek uit te voer en die betekenis daarvan om ’n verskil in jou gemeenskap te maak. Deur die ervaring het sy haar netwerkgeleenthede kon uitbrei waarvoor sy baie dankbaar is.

Juanita Smit

Toekomsplanne

Smit sê sy wil fokus op haar sakedoelwitte. Sy is die uitvoerende hoof van Feisty Communications and Marketing Specialists en wil die onderneming uitbrei.

LEES OOK: Potch het baie geleenthede - Potchefstroom Sakekamer

Nuwe voorsitter

Die nuwe bestuurslede sal binne die volgende drie weke vergader om die voorsitter en die adjunkvoorsitter te verkies.

Geleenthede

Smit beklemtoon die belangrikheid daarvan dat sakekamers ondernemings ondersteun deur die verskaffing van netwerkgeleenthede en die bevordering van verhoudings tussen ondernemings, munisipaliteit en die gemeenskap.

OFM Sakeuur

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.