On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Business

Potch het baie geleenthede - Potchefstroom Sakekamer

───   OLEBOGENG MOTSE 15:47 Wed, 10 May 2023

Potch het baie geleenthede - Potchefstroom Sakekamer | News Article
Foto van Juanita Greyling: Potchefstroom Sakekamer

Potchefstroom bied baie sakegeleenthede te midde van die uitdagings wat die land ervaar.

Die voorsitter van die Potchefstroom Sakekamer, Juanita Greyling, het aan OFM Sake-uur gesê Potchefstromers is optimisties oor die toekoms en dat nuwe ondernemings soos paddastoele verrys. Hulle laat hulle nie onderkry deur beurtkrag, swak dienslewering en infrastruktuur wat nie in stand gehou word nie.

Sy sê baie van die ondernemings het van groter stede na Potchefstroom verskuif. Dit is beslis ’n aanduiding dat die ekonomie van dié stad floreer. Potchefstroom sien ook uit na die Aardklop-kunstefees wat in Oktober 2023 plaasvind.

 “Die Covid-19-pandemie het ons geleer hoe om anders te dink” – Juanita Greyling

LEES OOK: Landbou-organisasies se verwagtinge vir die 2023 staatsrede

Sakekamer ondersteun plaaslike ondernemings

 Greyling sê die kamer ondersteun plaaslike ondernemings en bied mentorskap in al die verskillende stadiums van ontwikkeling.

LEES OOK: #SakeUur - Opwindende projekte vir sakekamer in Potchefstroom

 Projekte wat die kamer binnekort aanbied:

  • Borg ’n boom-projek

Die Potchefstroomse Sakekamer, Potchefstroom Gimnasium en die Hoër Volkskool nooi die gemeenskap, sakelui en alumni om deel te wees van die opwindende Borg ’n boom-projek. Van 3 tot 20 Mei 2023 kan jy jou skool ondersteun deur ’n boom te borg.

Kontak die skool van jou keuse om ’n boom te bespreek, of bel vandag nog die Potchefstroomse Sakekamer by 071-608-8775.

  •  Die GAAN WILD MTB & RUN 2023

Die GAAN WILD MTB & RUN-naweek was aanvanklik vir 29 en 30 April beplan, maar is uitgestel tot 7 en 8 Oktober.

 Vir meer oor die geleenthede of om by die sakekamer aan te sluit besoek  potchsakekamer.co.za

OFM Sake-uur

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.