On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man kry 21 jaar vir 2 moorde

───   HEIDRÈ MALGAS 14:21 Wed, 29 Nov 2023

Noord-Kaapse man kry 21 jaar vir 2 moorde | News Article

“Sarel Esterhuizen het sy vriendin se liggaam na hul bed geneem en die bloed begin skoonmaak.”

’n Man van Klein Mier in die Kalahari is 21 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n kennis vermoor het, en sowat twee en ’n half jaar later ook sy lewensmaat.

Tydens sy verhoor in die streekshof in Upington is getuig Sarel Esterhuizen het Karel Cloete op 19 Desember 2021 drie keer met ’n mes gesteek nadat Cloete vir Esterhuizen gevloek en hom ook met ’n mes aangerand het, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder.

Esterhuizen het enduit volgehou hy is onskuldig aan die moord op sy lewensmaat, Merelda Swartbooi (21), sê Senokoatsane. Op die noodlottige aand het hulle aan die stry geraak nadat hulle tuis gedrink het op Klein Mier, sowat 230km noordwes van Upington. Die slagoffer het geval nadat die beskuldigde haar met ’n klip teen haar kop geslaan het.  

Sarel Esterhuizen van Klein Mier is 21 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n kennis vermoor het, en sowat twee en ’n half jaar later ook sy lewensmaat. 

Esterhuizen het sy vriendin se liggaam na hul bed geneem en die bloed begin skoonmaak. “Met die polisie se aankoms het hulle vir Swartbooi onder ’n duvet aangetref. Sy is dood aan hoofbeserings,” sê Senokoatsane. 

Vir Cloete se moord is Esterhuizen 12 jaar tronkstraf opgelê en vir Swartbooi s’n 15 jaar. Die regter het gelas ses jaar van die eerste vonnis moet samelopend met die vonnis vir die tweede moord uitgedien word. 

“Adv. Beukes het in die hof beklemtoon hoe belangrik dit is dat vroue vry van geweld en intimidasie deur hul lewensmaats moet kan leef,” sê Senokoatsane.

Die NVG het sy toewyding aan die uitwissing van geslagsgeweld deur die loop van die jaar herbevestig en nie net tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders nie. Hy sê hy hoop die vonnis sal voornemende oortreders afskrik.

OFM News/Heidré Malgas Daphné/Corné


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.