On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende moordenaar Japie Claassens laat vaar nuwe borgtogaansoek

───   08:43 Wed, 17 Jan 2024

Vermeende moordenaar Japie Claassens laat vaar nuwe borgtogaansoek | News Article

“Die wêreld is boos en dit is erg wat mense deesdae doen.”

Dis nie aldag dat ’n beskuldigde sy borgtogvoorwaardes wil laat verander nie. Dit is dus ook nie vreemd nie dat Jacobus (Japie) Claassens (59) onlangs besluit het om sy nuwe borgtogaansoek te laat vaar nie. Hy was, onder streng voorwaardes, uit op borgtog van R5 000.

Hy wou aanvanklik die hof versoek dat sy streng borgtogvoorwaardes verander word. Vrydag het hy in die hof op Springbok besluit om van plan te verander.

Claassens van Vioolsdrift staan tereg op twee aanklagte van moord nadat sy vriende James Kriel (56) en Coenraad de Beer (54) op 31 Oktober vermoedelik deur hom doodgeskiet is.

Hulle was ten tyde van die dubbele tragedie op Rooiwal, naby Vioolsdrift, gaste van Claassens, sê Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. Hy het hom kort ná die voorval aan die polisie oorgegee

Sy vorige hofverskyning was op 14 Desember op Springbok. Om die een of ander rede kon die landdros nie die hofverrigtinge bywoon nie. Sy saak is dus uitgestel tot Dinsdag 19 Desember, sê Mojalefa Senokoatsane, Noord-Kaapse NVG-woordvoerder.

Vrydag se hofverrigtinge was vlugtig, nadat hy aangedui het dat hy sy nuwe borgtogaansoek gaan laat vaar. Die hof het dus beslis dat die saak uitgestel word tot 28 Februarie. Dit is ook oorgeplaas na die distrikshof op Vioolsdrift aan die Namibiese grens.

‘Claassens moet sy pak vat as hy skuldig bevind word’

Inwoners gons nou oor hierdie stap van Claassens. Hulle voel dat hy moontlik weet dat hy nie meer sal kan loskom nie, of dat borgtog nou geen betekenis meer het nie.

Veronica van Dyk, Namakwalandse DA-LP, sê die wêreld is boos en dat dit erg is wat mense deesdae doen. Sy meen Claassens “moet sy pak vat” as hy skuldig bevind word.

Duncan Brits, sy regsverteenwoordiger, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

OFM Nuus/Isaac Cloete dg/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.