On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vioolsdrift-man skiet glo ou skoolvriende in hul beddens

───   15:12 Thu, 02 Nov 2023

Vioolsdrift-man skiet glo ou skoolvriende in hul beddens | News Article
Foto ter illustrasie: Pixabay

“Ons sal egter nie weet hoekom die mans in hul kamers geskiet is nie. Dit is tragiese gebeurtenis wat ons sukkel om te verwerk.”

’n Lusernboer van Viooldrift wat na bewering twee besoekende vriende van die Wes-Kaap Maandagoggend omstreeks 04:30 in hul beddens in sy huis geskiet het, bring volgende week ’n borgtogaansoek in die Springbokse landdroshof.

Volgens inwoners het Japie Claassens (59) soos ’n kluisenaar geleef. Een vertel die oorledenes was ou skoolvriende, wat by Claassens op sy kleinhoewe in Rooiwal oornag het. Die twee mans het in die huis geslaap en hul seuns glo buite, óf in die voertuie óf op die stoep. Die geselskap was op pad na Namibië.

Japie Claassens het volgens bure ’n kluisenaarsbestaan gevoer. Foto: Facebook

’n Ander inwoner beweer Claassens is berug. “Hy is nie ’n maklike mens om mee oor die weg te kom nie. Daar was al uitvalle tussen hom en mense in die omgewing. Die polisie moes lankal sy vuurwapens afgeneem het.”

Claassens en sy honde het alleen gewoon, en hy het by niemand gekuier nie. Sy huis is teenaan die ou poskantoor, volgens ’n buurvrou. “Niemand het hom eintlik goed geken nie. Hy was nie op een van ons WhatsApp-groepe nie.”

Nog ’n man sê daar is baie nagtelike inbrake in die omgewing weens dwelmverslawing, wat moontlik tot die voorval aanleiding gegee het. “Ons sal egter nie weet hoekom die mans in hul kamers geskiet is nie. Dit is tragiese gebeurtenis wat ons sukkel om te verwerk.”

‘Die bure het geweerskote in die nag gehoor’

Die polisie het nog nie die name van die oorledenes (54 en 56)  bekend gemaak nie. Luidens berigte is die een ’n boer van die Overberg en die ander ’n prokureur van Knysna.

Kol. Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Claassens (59), wie se doopname  Jacob Dawid Malan is, het reeds enkele ure ná die skietery in die hof verskyn.

“Die bewering is dat vier mans hom besoek het. Die bure het geweerskote in die nag gehoor en ondersoek ingestel. Claassens het glo dadelik erken wat gebeur het en wou homself aan die polisie oorgee. Die gewonde mans is na die hospitaal op Upington gebring, maar het Woensdag aan hul beserings beswyk.”

OFM Nuus/Charné Kemp Morné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.