On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

OPGEDATEER: Ontvoerde Brits-tieners moeg en getraumatiseer ná vrylating

───   ZENANDE MPAME 12:30 Wed, 27 Mar 2024

OPGEDATEER: Ontvoerde Brits-tieners moeg en getraumatiseer ná vrylating | News Article
Bataviya Mohammed (19). Foto verskaf

“Die verdagtes staan tereg op twee aanklagte van ontvoering en afpersing.”

OPGEDATEER:

Twee nuwe verdagtes is Dinsdag (26/3) in hegtenis geneem weens die ontvoering van die Mohammed-tieners. In totaal is daar dus sewe verdagtes, wat almal na verwagting Donderdag (28/3) voor die Brits-landdroshof sal verskyn.

Daar is ook beslag gelê op ’n voertuig wat na bewering tydens die pleging van die misdaad gebruik is.

Twee van die aanvanklike ses verdagtes wat Maandag (25/3) in hegtenis geneem is, is ná deeglike onderhoude vrygelaat. Die twee nuwe verdagtes sluit ’n polisiesersant in wat verbonde is aan die Letlhabile-speurddiens buite Brits.

***

Ses verdagtes kom binnekort voor in die landdroshof op Brits op twee aanklagte van ontvoering en afpersing nadat twee ontvoerde tienes gevind is in ’n huis in Klipgat, 30 km noordoos van Brits.

Bataviya Mohammed (19) en ’n 17-jarige familielid is bevry drie weke nadat hulle op Woensdag 6 Maart op pad skool toe voor ’n laerskool in Hartbeespoort ontvoer is. Ten tyde van hulle vrylating Maandag (25/3) is ses mense in hegtenis geneem.

“Hulle is deur paramedici in die Klipgat-polisiekantoor ondersoek. Behalwe uitputting en trauma is hulle ongedeerd,” sê Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Voertuie op die toneel van die ontvoering drie weke gelede op Brits. Foto verskaf 

“Hulle is veilig met hul naasbestaandes herenig sonder enige sigbare beserings. Die sewende verdagte is in hegtenis geneem twee dae nadat die (ontvoerde tieners) in Johannesburg ontvoer is.”

Tydens die ontvoering is die Mercedes-Benz waarin die tieners gery het, van voor gestamp deur ’n Audi A3 en die bestuurder is gedwing om stil te hou. Twee gewapende mans het na bewering die tieners uit hul motor in ’n wit VW Polo gedwing wat agter die Audi stilgehou het.

Die bestuurder van die Audi het in ’n Toyota Hilux, geklim wat na bewering deur die sewende verdagte, Humphrey Martin (48), bestuur is. Die ander verdagtes het gevlug en die Mercedes-Benz en die Audi A3 is net daar gelos. 

‘Audi A3 is glo in  Garsfontein gesteel’

“Voorlopige ondersoeke toon die Audi A3 is in Garsfontein in Pretoria gesteel,” sê Mokgwabone.

Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, het die multidissiplinêre span geloof vir hul harde werk wat gelei het tot die opsporing van die slagoffers en die inhegtenisneming van die verdagtes.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.