Central SA
Beweerde bedrog: Nama Khoi se munisipale bestuurder op borgtog─── HEIDRÈ MALGAS 15:45 Wed, 27 Mar 2024
“Die munisipale bestuurder by die Hantam-munisipaliteit het na bewering ’n maandelikse subsidie vir twee amptelike selfone ontvang, terwyl die munisipaliteit ook vir die rekening aan die diensverskaffer betaal het.”
Die munisipale bestuurder van die Nama Khoi-munisipaliteit, Jan Swartz, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Hy sal op 13 Mei in die handelshof op Springbok verskyn ná sy inhegtenisneming Woensdag (27/3) op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (56 van 2003).
Nomthandazo Mnisi, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder, sê die verdagte het na bewering tussen 2019 en 2020, terwyl hy munisipale bestuurder van die Hantam-munisipaliteit op Calvinia was, maandelikse subsidies vir twee amptelike selfone ontvang, terwyl die munisipaliteit ook vir die rekening aan die diensverskaffer betaal het wat glo in teenstelling met die pakket was wat hy met die munisipaliteit gehad het.
Breaking news:Former Hantam Municipality Manager aged 63 who is currently the Municipal Manager at Nama Khoi Municipality,Springbok has been arrested by Hawks Serious Commercial Crime Investigation team. @samkelemaseko@MbuyiseniNdlozi @MzwaneleManyi @FloydShivambu @SihleLonzi pic.twitter.com/zg17VKOJdv
— Phuncuka Bemphethe (@_Owen_10_) March 27, 2024
As gevolg hiervan het die munisipaliteit na bewering ’n verlies van R33 470,39 gely.
Nama Khoi het bevestig dat Jan Swartz, die munisipale bestuurder, deur die polisie se prioriteitsmisdaadondersoekseenheid, die Valke, omstreeks 08:10 Woensdagoggend (27/3) in sy kantoor in hegtenis geneem is.
Hy sê hy verstaan die publiek wil duidelikheid en gerusstelling hê gedurende hierdie tyd, maar ongelukkig sal die munisipaliteit nie in staat wees om kommentaar te lewer op die saak terwyl die ondersoek voortduur nie.