On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Kankergewas van 7 kg by tienermeisie van Sasolburg verwyder

───   HEIDRÈ MALGAS 11:20 Thu, 28 Mar 2024

Kankergewas van 7 kg by tienermeisie van Sasolburg verwyder | News Article
Carien Jacobs van Sasolburg met haar eerste chemoterapie. Foto Vaalweekblad

“Ongelukkig het kanker agtergebly, en hulle het gesien Carien se nierfunksies is maar 30%.”

’n Tienermeisie van Sasolburg glo vas sy sal volkome herstel nadat ’n enorme gewas van haar eierstok verwyder en eierstokkanker by haar gediagnoseer is.

Carienan Dalen (16) is op 31 Januarie geopereer om die kankergewas te verwyder, sê haar ma, Chrissie Jacobs. Sy is op 2 Februarie ontslaan en drie weke later het hulle teruggekeer na die Universitas-hospitaal vir haar opvolgbesoek.

“Daardie dag het ons die slegte nuus gekry dat dit eierstokkanker was en dat hulle een eierstok moes verwyder. Ongelukkig moes Carien chemoterapie kry.” 

Carien Carien van Dalen voor haar operasie om die gewas van 7 kg te verwyder. Foto verskaf

Op 5 Maart is hulle terug na Bloemfontein. Hulle is eers na die Nasionale Hospitaal, waar sy opgeneem is, toetse gedoen is en ’n skandering gedoen is om vas te stel of daar nog kanker  is. “Ongelukkig het kanker agtergebly, en hulle het gesien Carien se nierfunksies is maar 30%, waarvoor sy ook drupsakke ontvang het om haar funksies te help verbeter.”

‘Sy kon vanjaar nie skool toe gaan nie’

Die eerste chemoterapie moes gestaak word omdat Carien ’n allergiese reaksie getoon het. Hulle kon die volgende dag voortgaan nadat hulle die chemo aangepas het.

“Sy is op 11 Maart ontslaan en moet weer op 11 April gaan na die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein gaan vir haar volgende chemoterapie. Sy sal vyf dae in die hospitaal wees,” sê haar ma. Sy kon vanjaar nie skool toe gaan nie en is hartseer omdat sy na haar maats verlang. 

CarienCarien van Dalen ná haar operasie. Foto verskaf 

Jacobs sê hul gesin het ’n groot gebedsgroep wat veral vir Carien bid in hierdie moeilike tyd. Carien soek haar ma heeltyd by haar omdat sy sê haar ma is haar steunpilaar deur die swaarkry.

 “Ons gesin, familie en vriende wat aanhoudend bid, glo en vertrou dat my pragtige dogter volkome gesond sal word. Sy is ’n vegter in haar stryd teen kanker.

‘Al haar klere is nou te groot vir haar’

Jacobs sê hulle het lank nie ’n motor gehad nie en dit maak dit baie moeilik om na Bloemfontein te reis. Carien het weens haar siekte die afgelope paar maande baie gewig verloor en al haar klere is nou te groot vir haar. 

OFM Nuus/Heidrè Malgas

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.