On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Cricket

Proteas nou sesde in die wêreld

───   MORGAN PIEK 15:39 Tue, 03 May 2016

Proteas nou sesde in die wêreld | News Article
AB de Villiers - Morne de Klerk

Die Proteas het tot die sesde plek gedaal op die Internasionale Krieketraad se jongste punteleer vir Toets-spanne.


Suid-Afrika het vanaf die derde plek op die punteleer na die sesde toe geval nadat hulle 17 punte af gestaan het.

Die Proteas was tot onlangs nog die voorste span in Toets-krieket, maar twee swak seisoene in die vyf-dag weergawe van die sport het die span duur te staan gekom.

Australië beklee nogsteeds die nommer een posisie met 118 punte, en het nou ‘n ses punt voorsprong op Indië in die tweede plek.

Pakistan, Engeland en Nieu-Seeland is almal hoër as die Proteas.

Slegs die Sri Lanka, die Wes-Indiese Eilande en Bangladesj is laer as Suid-Afrika van die nege toetsspelende lande.

Internasionale Krieketraad punteleer vir toetsspelende lande


1. Australië 118

2. Indië 112

3. Pakistan 111

4. Engeland 105

5. Nieu-Seeland 98

6. Suid-Afrika 92

7. Sri Lanka 88

8. Wes-Indiese Eilande 65

9. Bangladesj 57

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.