On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

International

Jaar se reën binne een dag betrap Arabiese woestyngebied onkant

───   12:39 Wed, 17 Apr 2024

Jaar se reën binne een dag betrap Arabiese woestyngebied onkant | News Article
Foto: X

“Dit is hoogs waarskynlik dat aardverhitting die storms vererger het.”

Minstens 18 mense is in Oman dood en een in Dubai, nadat sowat 254 mm reën – ’n jaar se reënval – in dié woestyngebied in die Verenigde Arabiese Emirate geval het. 

’n Man (70) is Dinsdag (16/4) meegesleur in sy motor in Ras Al Khaimah, een van die land se sewe emirate, het die polisie gesê. Reisigers in hierdie glansryke finansiële sentrum is gewaarsku om nie na die Dubai-lughawe te gaan nie – met die wêreld se besigste buitelandse verkeer – “tensy dit absoluut noodsaaklik is”, het ’n amptenaar gesê.


“Vlugte word steeds vertraag en herlei … Ons werk hard om bedrywighede so vinnig moontlik in uiters uitdagende toestande te herstel,” het ’n woordvoerder van Dubai Internasionale Lughawe gesê.

Dubai se vlagskip Emirates-lugredery het Woensdag alle aanmeldtye gekanselleer, aangesien personeel en passasiers gesukkel het om te arriveer en te vertrek terwyl toegangspaaie oorstroom is en sommige metrodienste opgeskort is.

Op die lughawe was daar lang verkeersopeenhopings van taxi’s en passasiers wat rondgemaal het weens vlugvertragings. Talle vlugte is ook gekanselleer of herlei weens Dinsdag se stortreën.

Die storms het die VAE en Bahrein oornag getref, nadat dit in Oman gewoed het, waar die 18 sterfgevalle talle kinders insluit. 

Klimatoloog Friederike Otto, ’n spesialis in die beoordeling van die rol van klimaatsverandering op uiterste weergebeurtenisse, het gesê dit is “hoogs waarskynlik” dat aardverwarming die storms vererger het.

Amptelike media berig dit was die hoogste reënval in 75 jaar, sedert die ontstaan van rekords in 1949 en voor die stigting van die VAE in 1971.

OFM Nuus cg/c/mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.