On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Meer as 20mm reën oor grootste deel van Vrystaat verwag

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 05 Apr 2022

Meer as 20mm reën oor grootste deel van Vrystaat verwag | News Article
Dit lyk tans of die reën vanaf Dinsdag tot voor die naweek op sal klaar. FOTO: Elsabé Richard/OFM-nuus.

Reënvooruitsigte toon dat meer as 20mm reën oor die grootste deel van die Vrystaat hierdie naweek verwag kan word, met temperature wat ook ‘n daling kan toon.

Sien onderstaande PODCAST

Reën het reeds die afgelope naweek in sentraal Suid-Afrika voorgekom met gebiede wat vanaf die 1ste April tot 100mm reën gekry het. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike landbouweerkundige, sê Hoopstad het sowat 50mm reën gemeet en Vredefort het amper 70mm reën gekry.

LEES OOK: Noodmaatreëls in plek by R31 na oorstroming

Korttermyn-voorspellings

Dit lyk tans of die reën vanaf Dinsdag tot voor die naweek sal opklaar, terwyl redelik swaar neerslae weer die naweek sal voorkom.

Van den Berg sê die oostelike dele van die Noord-Kaap – wat Kimberley, Griekwastad, Prieska en Douglas insluit - kan ook vanaf die naweek reën kry.

Met hierdie stelsel, wat besig is om op te klaar, gaan daar redelik koue lug inbeweeg wat minimum temperature tot onder 5 grade Celsius kan laat daal. Met dit gesê, word produsente gewaarsku dat ligte ryp voor kan kom.

LEES OOK: Vrystaat Boere ontvang nog reën

Medium- na langtermyn-voorspellings

Van den Berg verduidelik dat met die La Niña-verskynsel, wat steeds redelik sterk is, kan daar nog reën voorkom tot ten minste Mei-maand. Dit lyk ook nie of daar in Junie tot in September/Oktober reën sal voorkom nie.

“So, dit lyk asof daar vir die volgende twee maande nog redelik reën op pad is, maar dat ons temperature ook besig is om skerp te daal. Dit gaan veral ons grane [beïnvloed, en dit] behoort nie dood te ryp in die volgende week of twee nie, maar dit gaan die groei baie vertraag, want ons minimum temperature gaan rondom 10 grade Celsius wees.”



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.