On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Noodmaatreëls in plek by R31 na oorstroming

───   15:40 Fri, 25 Mar 2022

Noodmaatreëls in plek by R31 na oorstroming | News Article

Die Departement van Vervoer in die Noord-Kaap is tans besig om noodmaatreëls by die R31 tussen Kaufmansfontein en Middelpos in plek te stel.

Die pad het oorstroom weens onlangse swaar reën.

Departementswoordvoerder, Crystal Robertson sê hulle het tot dusver waarskuwingstekens aangebring waar die oorstromings plaasgevind het om verkeer te reguleer.

LEES MEER: Noord-Kaapse gesondheidswerker sterf ná ongeluk

Sy voeg by motoriste word aangemoedig om by die spoedgrens te hou, terwyl 'n span van die Departement ook ontplooi is om watervlakke te monitor.

LEES MEER: Ondersoek na ongeluk naby Groblershoop duur voort

Die Departement het ook, volgens Robertson, reeds met belanghebbendes gekommunikeer om te verseker dat die veiligheid van motoriste 'n prioriteit is.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.