On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

Boervrou begin leerproduktebesigheid en geniet elke oomblik

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 04 Apr 2022

Boervrou begin leerproduktebesigheid en geniet elke oomblik  | News Article
Hierdie tipe besigheid kan duur wees om te begin weens die leer self en die gereedskap wat jy nodig het. FOTO: Marietha du Plessis/Verskaf.

Marietha du Plessis, die eienaar van Oryx Leerprodukte, het verlede jaar haar besigheid aangepak en geniet elke oomblik daarvan.

Sy het Saterdagoggend ‘n boervroudag op die plaas Hondeblaf tussen Petrusville en Phillipstown bygewoon en het dáár met OFM-nuus se Elsabé Richard gesels.

Sien onderstaande PODCAST

Haar visie om handgemaakte produkte van hoë gehalte te verskaf, het 'n werklikheid geword ná ‘n leerkursus in Wellington in Maart verlede jaar. Du Plessis het toe vir haar ‘n werkwinkel op die plaas opgerig. 

Sy beskryf haar werkwinkel as haar happy place waar sy handgemaakte leerprodukte soos handsakke maak.

Du Plessis vertel dat hierdie tipe besigheid duur kan wees om te begin weens die leer self en die gereedskap wat jy nodig het, “maar dis hoekom dit ook ‘n duursame produk is wat lank hou. So, dit is duur om te begin, maar dis die moeite werd”.

Die leer wat sy gebruik is beesleer wat sy vanuit die Paarl bestel. Sy ontwerp elke patroon self en neem omtrent vyf dae om een handsak te maak – afhangende van hoe groot en ingewikkeld dit is.

Oryx verskaf nie net leerprodukte nie, maar ook canvas-produkte om kliënte van 'n verdere reeks produkte te voorsien.

Vir meer inligting, stuur 'n epos na oryxleathercanvas@gmail.com.



OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.