On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus: Belangstelling in landbou-opleidingskursusse neem toe

───   ELSABÉ RICHARD 14:40 Mon, 20 Nov 2023

Landbounuus: Belangstelling in landbou-opleidingskursusse neem toe | News Article
Foto deur Emily Ranquist/Pexels.

Hy raai voornemende landbouers aan om vakansiewerk op 'n plaas te doen om te bepaal of dit is wat hulle wil doen.

Die vraag na landbou-opleiding neem toe. 'n Bloemfonteinse tersiêre instelling het meer 9 000 aansoeke ontvang vir 2024 vir die 120 plekke in sy landbou-opleidingskursus. Sentrale Universiteit vir Tegnologie professor Carlu van der Westhuizen sê nie alle studente wat dié kursus volg stel werklik belang in die landbou  nie. Hy raai voornemende landbouers aan om vakansiewerk op 'n plaas te doen om te bepaal of dit is wat hulle wil doen.

Die jongste landwye misdaadstatistieke skets 'n verontrustende prentjie van landbouverwante misdaad.  Die polisie se misdaadverslag vir die tydperk Julie tot September 2023, dui op verskeie kommerwekkende tendense in misdaad teen boere en landbougemeenskappe landwyd. TLU SA-hoofbestuurder Bennie van Zyl sê 68 moorde is in dié drie maande op landbougrond gepleeg.

Nege verdagtes is vir veediefstal in hegtenis geneem in afsonderlike voorvalle in Noordwes, te danke aan die polisie se voortgesette pogings om veediefstal te bekamp in Sentraal-Suid-Afrika. Vier dagtes is in hegtenis geneem vir die diefstal van 160 skape van 'n plaas by Hartbeesfontein – een was 'n vorige werknemer. Polisiewoordvoerder Adele Myburgh sê in 'n afsonderlike voorval het 'n boer by Biesiesvlei sy gesteelde bokke en skape teruggevind nadat sy buurman hom laat weet het van geluide by ‘n nabygeleë kraal.

Plaaswinsgewendheid en werkvooruitsigte op mediumtermyn kan nadelig beïnvloed word deur onder meer verswakkende spoor- en padinfrastruktuur en stygende misdaadsyfers.  Die Landboubesigheidskamer van SA is van mening dat die regering en private sektor hierdie kwessies saam moet aanpak om langtermyngroei te ondersteun. Hy sê die eerste stap kan 'n herlewing van die landbou- en landbou-verwerkingsmeesterplan wees, en om dit in die middel van ontwikkeling en groei-intervensies vir die sektor te plaas.

EN

iTAU Milling wil 'n voerkraal vestig in die Vrystaat met 'n kapasiteit vir 4 000 skape én potensieël ook 'n slagpale. Die provinsiale landboudepartement  het verlede week beraadslaag met die maatskappy oor dié projek. Die departement sê die inisiatief sal help met werkskepping en kan ook die potensiaal van landbou ten volle verwesenlik.

OFM Nuus/Elsabé Richard-May          Daphné







@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.