On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

VL Jongboer-konferensie – pitkos vir nuwe geslag boere

───   ROBYN SCHUTTE 08:00 Tue, 16 Apr 2024

VL Jongboer-konferensie – pitkos vir nuwe geslag boere | News Article
Vrystaat Landbou se Jongboer-konferensie het die belangrikheid van jong boere in die landboubedryf uitgelig en het ’n platform gebied vir kennisdeling, inspirasie, en die bevordering van die toekomstige leierskap in die landbou-sektor. FOTO: Facebool/VS Landbou

“Vrystaat Landbou se jaarlikse Jongboer-konferensie wat op 11 April in Bloemfontein gehou is, het die nuwe geslag boere geïnspireer om te bou aan die landbou-erfenis wat aan hulle oorgedra word en wat hulle eendag moet oordra.”

Onder die treffende tema “Nuwe Generasie van Landbou” is die kragtige rol van die jonger geslag in die landboubedryf beklemtoon op Vrystaat Landbou se jaarlikse Jongboer-konferensie op 11 April in Bloemfontein.

Een van die hoogtepunte was die inspirerende toespraak deur Charl Saunderson, ’n gevestigde leierboer en dorper-stoetteler van die Nooitgedacht-stoet by Kenhardt, Noord-Kaap. Hy het jong boere aangemoedig om hulself voor te berei op die moeilike uitdagings wat die landboulewe bied, en om te bou aan die landbou-erfenis wat aan hulle oorgedra word en wat hulle eendag moet oordra.

Saunderson het die oorgang van een geslag na die volgende vergelyk met die oorgee van ’n aflosstokkie in ’n afloswedloop. Hy beklemtoon die belangrikheid van die handhawing van hierdie erfenis en die benutting van geleenthede wat voortvloei uit vorige geslagte se harde werk.

Voorts is die belangrikheid van deeglike finansiële beplanning benadruk deur Rohan Myburgh, ’n belastingspesialis en finansiële adviseur van Chambers Tax & Wealth. Met sy gunstelinggesegde, “beplanning verlig spanning”, het hy jong boere aangespoor om ’n stewige finansiële fondament te lê vir hul landbou-ondernemings, sodat hulle toegerus is om die uitdagings van die bedryf te trotseer.

Die hoogtepunt van die dag was die toekenning van die Willa Green-trofee aan Rudo Opperman, voorsitter van die Vrystaat Landbou Jongboer-komitee, vir die vierde agtereenvolgende jaar. Hierdie toekenning beklemtoon Opperman se volgehoue toewyding en betrokkenheid by landbou in die Vrystaat.

Die konferensie het die belangrikheid van jong boere in die landboubedryf uitgelig en het ’n platform gebied vir kennisdeling, inspirasie, en die bevordering van die toekomstige leierskap in die landboubedryf.

OFM/Agriculture

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.