On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Soccer

Mpandle op pad na Maritzburg

───   MORGAN PIEK 08:30 Tue, 12 Jul 2016

Mpandle op pad na Maritzburg | News Article
Bongani Mpandle - Kickoff

Die Bloemfontein Celtic-doelwagter, Bongani Mpandle, is verbind met ‘n skuif na Maritzburg United.


Die nuus kom slegs agt dae nadat Mpandle voorgestel is as die plaasvervanger-doelwagter vir Celtic vir die komende 2016/17 PSL-seisoen.

Mpandle is al die afgelope paar jaar by Celtic, maar moes egter tweede viool speel vir Patrick Tignyemb van Kameroen.

Met die vertrek van die voormalige Bafana Bafana-verdediger en Celtic-kaptein, Bevan Fransman, na Maritzburg toe, het Tignyemb ook die kaptein se armband oorgeneem en dit beteken dat Mpandle nog minder speeltyd sou kry die seisoen.

Die speler se bestuurder, Les Mohami, het bevestig dat hy die Rosestad gaan verlaat in die volgende week of so.

Martizburg sal vandeesweek hul nuwe spelers bekend stel en die 23-jarige doelwagter sal onder hulle wees.

Intussen is die voormalige Celtic-breier, Ernst Middendorp, se kontrak met Maritzburg met twee jaar verleng.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.