On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Business

Vrystaatse onderneming Anke Products wil wêreldwyd uitbrei

───   OLEBOGENG MOTSE 15:40 Thu, 01 Feb 2024

Vrystaatse onderneming Anke Products wil wêreldwyd uitbrei | News Article
Anke Products wil verder uitbrei. Foto verskaf

Anke Products in Parys in die Vrystaat is in 2017 begin.

Reportlinker.com voorspel die wêreldwye markwaarde vir produkte om jou huis lekker te laat ruik sal teen 2030 sowat $3,8 beloop teen 5,6% van die saamgestelde jaarlikse groeikoers.

Suid-Afrika se mark vir reukverspreiders bly groei soos blyk uit die sukses van Anke Products in Parys in die Vrystaat. Die onderneming het baie uitgebrei sedert sy ontstaan in 2017. Marcell Hattingh, een van die direkteure, het met OFM Sakeuur se Kayla Barker gepraat.

Hoe vergelyk die Suid-Afrikaanse mark met ander lande?

Hattingh meen daar is ’n groot mark in Suid-Afrika wat persentasiegewys in ooreenstemming is met bogenoemde vooruitskattings.

LEES OOK: Konsekwentheid is die sleutel tot jou besigheid se sukses

Die onderneming is deur Anke Massyn gekonseptualiseer en geïnspireer ná haar persoonlike verlies. Sy het begin met sewe werknemers en drie geure. Die oorweldigende reaksie op die produk het gelei tot verdere produkontwikkeling en nou het die onderneminge 17 reekse en 23 verskillende geure.

Die onderneming het ’n internasionale aanslag

Paul hul geurkenner is ’n Internasionale nasionaal bekroonde chemikus wat gewerk het vir die Waldorf Astoria Hotel in New York en Ralph Lauren Corporation. Hattingh sê hulle wil die handelsnaam verder in die buiteland uitbrei.

LEES OOK: OFM Sake-uur: Getroue klante en personeel die sleutel tot sukses

OFM Sakeuur dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.