On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Business

OFM Sake-uur: Getroue klante en personeel die sleutel tot sukses

───   10:37 Wed, 23 Nov 2022

OFM Sake-uur: Getroue klante en personeel die sleutel tot sukses | News Article
PHOTO: Facebook

Soos meeste sake-eienaars was Morné Breytenbach se missie toe hy sy besigheid 28 jaar gelede begin het, om 'n sukses daarvan te maak sodat hy in staat sou wees om werksgeleenthede te skep en uiteindelik vir sy gesin op die lang termyn te voorsien.

Morné Breytenbach vertel aan die OFM Sake-Uur om lojale personeellede te hê, wie se jare by die besigheid wissel van 6 tot 16 jaar, is waaraan hy sy besigheidsukses toeskryf, dít en lojale kliënte.

Vroeër het die maatskappy gespesialiseer in die vervaardiging van rubber vir die beskerming van LDV's en in later jare het die maatskappy die agentskappe vir Rhino Linings, Beekman Canopies en Aluminium Rolldoors bekom.

Breytenbach se besigheid, Bloem Bakkie Linings, het hom as 'n markleier onderskei in die toepassing van Poliurethane-voerings in die motor-, sowel as industriële bedryf.

Weens veranderinge en neigings in die afdakmark, het hulle besluit om hul aanbod uit te brei om ook RSI-vlekvryestaal-afdakke, Rhinoman Aluminium-afdakke en 'n reeks tonneau-bedekkings te verskaf om by enige individu se behoefte en doel te pas.

OFM-nuus/Kayla Barker

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.