On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Business

Konsekwentheid is die sleutel tot jou besigheid se sukses

───   14:39 Thu, 09 Mar 2023

Konsekwentheid is die sleutel tot jou besigheid se sukses  | News Article

Vir ons sessie op Dinsdae se Business 101, het ons vandeesweek van Iflair Photography se Francois van Vuuren gehoor.

Francois se fotografiereis het begin toe hy Sondae, terwyl sy pa 'n middagslapie geniet het, sy pa se kamera gesteel het om te gaan foto's neem. 


Sowat 24 jaar later het sy passie en konsekwentheid in fotografie hom gehelp om sy besigheid só te laat groei dat hy nou fotografie van 'n hoë gehalte bied. Dit wissel van gesinne, fiksheid, tot argitektuur en virtuele toervideografie. Francois gesels ook oor hoe die mees lonende deel van fotografie vir hom die besef was van sy kliënte se ware skoonheid, en hoe dit dan hul selfvertroue 'n hupstoot gee. OFM se Kayla Barker het met Francois gesels om uit te vind wat sy ander geheime vir sukses was.

OFM

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.