On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Karoo-man pak 600km met perdekar aan

───   HEIDRÈ MALGAS 10:04 Fri, 14 Oct 2022

Karoo-man pak 600km met perdekar aan | News Article
PHOTO: Facebook/The Forgotten Highway

Die ‘Forgotten Highway Route’ is die langste erfenisroete in Suid-Afrika wat 1 000km ver strek, vanaf Tulbagh na Kuruman, en dié nuwe projek word vanjaar met ’n ‘perdekar’-rit van 600km van stapel gestuur.

Die konvooi sal Saterdag 22 Oktober uit Sutherland vertrek en op Sondag 6 November 2022 Griekwastad bereik.

Die ‘perdekar’ sal bestuur word deur Piet Coetzer van Senekal, wat al langer perdekarre ry as wat hy kan onthou.

Hy vertel dat hy die perdekar ding doen omdat hy verskriklik lief is vir perde en dis vir hom ‘n voorreg om met perde te kan werk en so ver met perde te kan ry.

“Dis nou al so 8-10 jaar wat ek so lekker met ‘n perdekar ry en het begin met kort afstande maar nou gaan ek al verder en verder,” vertel Coetzer.

Hy vertel dat die verste wat hy al met ‘n perdekar gery het, meer as 700km vanaf Hopetown is.

Hy vertrel ook dat die Forgotten Highway oorspronklik die N1 moes wees voordat daar ‘n ander roete gekies was vir die N1. Hy is gekies om die roete te doen omdat hy dit al reeds verlede jaar voltooi het.

“Die Karoo Development Fund en Doreen Atkinson het my genader om dit te doen [hulle nuwe projek só van stapel te stuur] omdat ek verlede jaar 700km gery het met die perdekar,” sê hy.

Hy vertel dat die grootste uitdaging is om seker te maak dat die perde gesond is en dat hulle alles het wat hulle nodig het op die reis.

“Ons kyk altyd dat ons perde nie kreupel word nie, siek word of seerkry nie. Gelukkig het dit nog nooit met my gebeur nie, want sodra ons sien die perde is nie lekker nie, hou ons op en ondersoek hulle,” vertel Coetzer.


Hy vertel dat hy hierdie reis aanpak vir die mense van die Karoo, vir sy liefde vir diep Karoo Afrikaans en sy mense.

Sy advies vir enigiemand wat so iets wil aanpak, is dat hulle vir dit moet gaan, al is dit in ‘n kar of op ‘n motorfiets, doen dit. Hy sê 'n mens word elke dag net ouer, so moet nie wag nie.

Hy sê ook die eerste ding wat hy doen as hy klaar met sy reis is, is om die perde water te gee. Hy vertel dat mense wat verlede jaar verby hulle gery het, altyd gestop het en die perde wortels of water gegee het. Hy sê mense kan hierdie jaar dieselfde doen, dis altyd lekker om te sien dat mense hulle ondersteun.

Die Forgotten Highway-roete strek oor 1 000 km van Tulbagh en Ceres in die suide tot by Kuruman in die noorde. Dit is die roete wat deur die !Xams, KhoeKhoes, Tswanas, sendelinge en ontdekkingsreisigers gebruik is. Van daar af sou reisigers sentraal-Afrika aandurf.

Om die projek van stapel te stuur, sal die Great Highway Expedition op Saterdag 22 Oktober 2022 vanaf Sutherland vertrek en noordwaarts na Griekwastad reis. Dit sal gelei word deur die bekende ruiter, Piet Coetzer, met sy manjifieke span van ses “Vlaamperde” wat 'n outydse wa trek. Ander entoesiaste is welkom om by hierdie drie weke lange ekspedisie aan te sluit en meer te leer oor die vroeë ontdekkingsreisigers langs die pad!

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.