On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

Brand-gesin: Moordverhoor tot volgende jaar uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 12:28 Tue, 28 Nov 2023

Brand-gesin: Moordverhoor tot volgende jaar uitgestel | News Article
Photo: magistratesmatter.co.za

Die beskuldigdes bly in aanhouding by die Kimberley-gevangenis tot die verhoor afgehandel is. .

Die verhoor van die vier beskuldigdes wat verbind word met die moorde op die Brand-familie van Hartswater sal voortgaan op 24 April 2024. Die beskuldigdes sal in aanhouding bly totdat die verhoor tot ‘n einde kom.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê die beskuldigdes – Donald Seolesang (23), Tshepo Visagie (39), Kgomotso Mpumlwana (46), en Tshepaone Melato (22) –is aangekla van moord, roof met verswarende omstandighede, en ontvoering. Danie Brand (83), sy vrou Breggie (73), en hul dogter Elzabie (54), het op 26 Julie 2020 vermis geraak..

"Die liggame van die slagoffers is eers ná ’n omvattende polisieondersoek ontdek," sê Senokoatsane.

Hy sê die staat het reeds sy saak afgehandel en die verdediging het begin om sy saak te argumenteer met Donald Seolesang as die eerste getuie.

Die hof het ook bewus geword van die beskuldigdes se pogings om die eiendom van die slagoffers, soos ’n rekenaar, aan die gemeenskap te probeer verkoop.

Hy sê hulle het geen berou ná die moorde getoon nie en het selfs die slagoffers se motor ná die tyd gebruik. Die beskuldigdes word by die Kimberley-gevangenis aangehou.

OFM Nuus  Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.