On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Roudiens vir Bloemfonteinse meisie wat eie lewe neem

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 11:02 Fri, 26 Apr 2024

Roudiens vir Bloemfonteinse meisie wat eie lewe neem | News Article
Riané Coetzee. Foto verskaf

“Gegewe die omstandighede het die familie besluit om Riané te veras, omdat die gedagte aan ’n kis voor in die kerk vir hulle te oorweldigend sal wees.”

Die Bloemfonteinse leerder wat twee dae ná haar selfdoodpoging gesterf het, se roudiens sal na verwagting Vrydag (3/5) gehou word.

Ten spyte van die nadoodse ondersoek wat nog nie afgehandel is nie, het Riana Coetzee, Riané (16) se ma, besluit om voort te gaan met haar roudiens. “Die staat het aanvanklik die nadoodse ondersoek vir gister (Donderdag) geskeduleer, maar dit toe tot vandag (Vrydag) uitgestel, en nou is dit weer tot Maandag uitgestel.

“Ek voel tans ’n warrelwind van emosies. Dit is moeilik om behoorlik te treur wanneer daar nog soveel logistieke beplanning is om aan aandag te gee. Ek wil net alles verby kry om met die rouproses te kan begin.”

Gegewe die omstandighede het die familie besluit om Riané te veras, omdat die gedagte aan ’n kis voor in die kerk vir hulle te oorweldigend sal wees.

Volgens Coetzee het die Pelonomi Hospitaal die nadoodse ondersoek aangevra, omdat haar dogter aan “onnatuurlik oorsake” oorlede is. Riané is Woensdagoggend (17/4) in die hospitaal opgeneem ná ’n rusie met haar ma oor inhoud op haar foon.

Riané het aan haar ma erken dat sy seer het, maar het verkies om dit nie verder met haar te bespreek nie. Daarna het sy na haar kamer gegaan, waar sy die oordosis pille gedrink het. “Toe Riané uit haar kamer kom, was dit duidelik iets skort. Sy het bleek voorgekom, onvas op haar voete en nie in staat om te artikuleer nie,” het Riana vertel.

Riané Coetzee. Foto verskaf

Met die besef van die erns van die situasie het Riana dadelik met haar dogter na die hospitaal gehaas. “Riané kon skaars loop, en dit het die hulp van haar 15-jarige broer geverg om ons te help om haar in die motor te kry.” Riané se pa en haar ander broer (20) was nie by die huis nie.

Sy is die volgende oggend na die waakeenheid oorgeplaas.

Volgens Riana is depressie nie by haar dogter gediagnoseer nie en was sy ook nie op enige medikasie nie. “Ek het geen benul waar sy die pille gekry het of watter tipe dit was nie.”

Riané se dood bly ’n raaisel, omdat sy goed voorgekom het en selfs Donderdagaand tydens ’n besoek grappe gemaak het. Dit was die laaste keer wat haar geliefdes en kêrel haar lewend gesien het.

Riané Coetzee. Foto verskaf

“Ek is heeltemal in die duister oor die gebeure tussen 20:00 Donderdagaand en 05:50 Vrydagoggend,” vertel Riana.

Riané, ’n leerder aan die Hoërskool Bloemfontein, se hart het twee keer tydens behandeling gaan staan. Hoewel die dokters daarin geslaag het om haar die eerste keer te laat herleef, het hul pogings tydens die tweede poging meer as ’n uur aangehou ...

OFM Nuus/Charne van der Merwe mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.