On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Nolwethu
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Brand-moordverhoor: Beskuldigde ‘wis niks’

───   08:15 Wed, 22 Nov 2023

Brand-moordverhoor: Beskuldigde ‘wis niks’ | News Article
Donald Seoloseng in die getuiebank. Foto: Charné Kemp

“Hul silwer Mazda CX5 en rooi Nissan Micra en ander besittings was aanvanklik saam met hulle vermis.”

Donald Seoleseng wat van die moorde op die drie Brand-gesinslede op 26 Julie 2020 in Hartswater aangekla word, wis glo niks van dié grudade.

Hy is die eerste beskuldigde wat Dinsdag in die hooggeregshof in Kimberley getuig het nadat die staat sy saak gesluit het.

Dan (83) en Breggie Brand (76) en hul dogter Elzabie Brand (54) se lyke is die nag ná hul verdwyning op verskillende plekke tussen Hartswater en Taung gevind. Hul silwer Mazda CX5 en rooi Nissan Micra en ander besittings was aanvanklik saam met hulle vermis.

‘Hulle wou die Mazda asook die selfone en skootrekenaar daarbinne verkoop’

Seoleseng (21) en Tshepo Visagie (36); Kgomotso Mpulwana (43) en Tsepaone Melato (20) word elk van drie aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en regsverydeling aangekla.

In sy getuienis het Seoleseng aangevoer hy, Visagie en Melato het daardie Sondag in die veld met honde gaan jag en die verlate Mazda en Nissan met die sleutels daarbinne by ‘n steengroef gevind. Hulle wou die Mazda asook die selfone en skootrekenaar daarbinne verkoop. Op pad het hulle vir Realeboga Manyeni (wat ‘n staatsgetuie geword het) opgelaai om te help om die “stowwerige” kar te was. Seoloseng het bloedspatsels op die vloer van die motor afgevee.

In sy kruisondervraging het Melato egter Seoloseng se weergawe weerlê. Volgens Melato het hy bloederige water gesien toe die Mazda gewas is. Later het Visagie aan Manyeni gesê hy wil hom iets wys. Hulle het na ‘n stuk veld gery waar Melato twee lyke gesien het. Visagie en Manyeni het ’n lyk in die bagasiebak gelaai, en elders onder ’n boom gaan versteek. Die selfone en skootrekenaars is toe verkoop. Later die aand is hulle na die steengroef waar Visagie ’n vrou se lyk uit die Nissan gehaal en in die Mazda se bagasiebak gesit het, waarna dit ook in ‘n veld versteek is.

‘Die selfone en skootrekenaars is toe verkoop’

Seoloseng het die staatsaanklaer se stelling dat hy die jagstorie opmaak om te verduidelik hoekom hy die motors ontdek het, ontken.

Die saak duur voort.

OFM Nuus/Charné Kemp Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.