On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams
Community Event
You are viewing: NOORDWES MOTORSKOU, BASAAR EN ANTIEKE MEUBELVEILING - DONDERDAG 1 MEI 2025

NOORDWES MOTORSKOU, BASAAR EN ANTIEKE MEUBELVEILING - DONDERDAG 1 MEI 2025

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Potchefstroom bied aan: • Ou motors en motorfietse van heide en verre • Basaar!! Daar is basaarpoeding, kerrie en rys, pannekoek, pap en kaiings, tuisgebak, vleis, boerewors, sosaties, vetkoek, hamburgers, koeldranke, stalletjies, en vele meer. • Antieke meubelveiling. Mense kan ook antieke meubels na die veiling bring of kom aankoop. Vir meer navrae oor die antieke meubelveiling kan Piet Badenhorst gekontak word by 082 800 7321. • Stalletjies - groot verskeidenheid • Kunstenaars en hondevertoning Moenie hierdie motorskou, basaar en antieke meubelveiling misloop nie! Die verhoog program is soos volg: 08:30 – 09:15 Blouklip (kunstenaar) 09:15 – 09:30 Opening en Verwelkoming ds Willem Kok 09:30 Antieke Meubelveiling in die Kerksaal 09:30 – 10:30 Braam Kramer (Kunstenaar) 10:30 - 11:30 Honde vertoning (Canine Focus SA honde) 11:45 – 13:00 Ruhan du Toit (hoof kunstenaar) 13:00 tot prysuitdeling begin: Blouklip 13:30 Prysuitdeling Dag: Donderdag 1 Mei 2025 Tyd: 09:00 tot 13:00 Plek: Kerkplein van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Potchefstroom Gemeente. (H/V Walter Sisulu rylaan en Wolmaransstraat). Reg oorkant die Elgro Hotel in Potchefstroom. Toegang: R60-00 per volwassene; R30 Skoolgaande kinders en voorskoolse kinders - gratis Vir navrae kan die kerkkantoor weeksdae vanaf 08:30 tot 13:00 gekontak word by: 018-2932672

Venue: Kerkplein van die Nederduitsch Hervormde Kerk, Potchefstroom Gemeente.  | Event date:  01 May 2025, 08:30  | Area:  North West  | City:  Potchesfstroom  | Address: H/V Walter Sisulu Rylaan en Wolmaransstraat  | Contact Number:  018-2932672
View All

News

Oekraïne vra Suid-Afrika om ontvoerde kinders te help terugbring

Tydens sy blitsbesoek aan Suid-Afrika het pres. Wolodimir Zelenski pres. Cyril Ramaphosa gevra om Oekraïense kinders wat in Rusland is, te help terugbring huis toe.  Read More


Wyle pous Franciskus het begrafnisrituele vooraf vereenvoudig

Pous Franciskus se begrafnis sal Saterdag (26/4) gehou word, het die Vatikaan Dinsdag (22/4) aangekondig.  Read More


Mianmar-aardbewing: Hulp stroom in ná meer as 1 700 sterftes

Mianmar se militêre leiers het die naweek buurlande toegelaat om skepe, vliegtuie en reddingspanne te stuur om te help ná een van die kragtigste aardbewings in die land se geskiedenis.  Read More


Suid-Afrikaners wen gesogte blommeskou-trofee in China

Suid-Afrika het die gesogte ‘Grand Gold Award’ by die 2025 Shenzhen Internasionale Blommeskou in China gewen.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.