Local News
Griekwastad: Appèlsaak teen tiener se borguitspraak môre aangehoor─── 12:54 Sun, 04 Nov 2012
Mariné Jacobs -
Kimberley - Die appèlsaak teen die borguitspraak van die minderjarige seun wat verdink word van die Griekwastad trippel-moorde, sal môre in die Kimberley Hooggeregshof begin.
Dit kom nadat die staat appèl aangeteken het nadat die 16-jarige seun in September op borgtog van R5 000 in die Griekwastad Landdroshof vrygelaat is. Regter Hennie Lacock het op 4 Oktober die staat se aansoek om appèl toegestaan.
Volgens die staat het landdros Spiwo Mazwi belangrike feite oorgesien toe hy borgtog toegestaan het, onder andere dat die seun 'n gevaar vir die gemeenskap is.
Die minderjarige word daarvan beskuldig dat hy Deon, Christel en Marthella Steenkamp vroeër vanjaar op hul plaas Naauwhoek doodgeskiet het.
Die seun se verhoor sal van 11 tot 29 Maart aanstaande jaar in die Noord-Kaapse Hooggeregshof plaasvind.