On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

National

Twee vas vir aanval op oud-Springbok

───   06:16 Wed, 25 Jun 2014

Twee vas vir aanval op oud-Springbok | News Article
Port Alfred - Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem ná die aanval op drie hengelaars, waaronder die voormalige Springbok-rugbyspeler Gerhardus Sonnekus, in Port Alfred in die Oos-Kaap.

“Die polisie, in samewerking met die misdaadintelligensie-eenheid, het verskeie leidrade opgevolg en die twee mans, albei 34 jaar oud, is in die vroeë oggendure in die Nemato informele nedersetting vasgetrek,” het Luvuyo Mjekula, 'n polisiewoordvoerder, gesê. Die polisie is nog op soek na twee ander verdagtes.

Die vier verdagtes het Saterdagaand omstreeks 22:00 toegang gekry tot 'n vakansiehuis waar Sonnekus (61) en twee van sy vriende oornag het. Sy vriende is intussen as Bernadus Lambertus Zaaiman (63) en André Cleghorn (60) uitgeken. Die drie slagoffers is vasgebind, aangerand en met skerp voorwerpe gesteek. Die aanvallers het selfone, alkohol en 'n onbekende bedrag kontant gesteel.

Sonnekus en Zaaiman is ná die aanval na 'n hospitaal geneem, maar is reeds ontslaan.

Mjekula sê Sonnekus en die twee vriende was op 'n hengelvakansie in Port Alfred. Die polisie ondersoek 'n saak van huisroof en twee sake van poging tot moord.

Cleghorn se dogter, Tanja Schwim, het gister aan OFM Nuus gesê Zaaiman verduur nog baie pyn en in die stadium lyk dit of hy rekonstruktiewe chirurgie aan sy gesig sal moet ondergaan.

Die drie is gister na hul onderskeie huise in die Vrystaat. Schwim het gesê die drie is baie emosioneel en wil nou net by hul families uitkom.
 
Sapa; Owen Kock 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.