On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

National

Christoff Becker glo steeds agter tralies

───   10:47 Sat, 06 Dec 2014

Pretoria - Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, word steeds in die Kokstad-maksimumveiligheids­tronk aangehou nadat die departement van korrektiewe dienste sy vrylating op parool gekeer het.

Maroela Media het gister berig dat die hooggeregshof in Pretoria gelas het dat Becker weer op parool vrygelaat moet word.
 
Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het egter vanoggend gesê die departement het 'n kennisgewing ingedien om teen die hof se bevel te appelleer. Hy het gesê Becker sal in aanhouding bly hangende die appèlaansoek.
 
Jonatan Bouwer, Becker se prokureur, het aan Maroela Media gesê die hooggeregshof in Pretoria het gisteroggend die bevel gemaak nadat Becker 'n dringende aansoek gebring het. Volgens Bouwer moet Becker op dieselfde voorwaardes vrygelaat word as toe hy op 11 Februarie vanjaar op parool vrygelaat is.
 
Becker, Frikkie du Preez, Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt, het in 2001 'n hawelose man in Pretoria doodgeslaan. Die vier is op 11 Februarie op parool vrygelaat en Becker en Du Preez is op 28 Februarie weer teruggestuur tronk toe nadat 'n selfoonvideo aan die lig gekom het wat glo wys hoe Becker en Du Preez partytjie hou in die tronk. Becker is later na Kokstad oorgeplaas nadat ’n selfoon glo by hom gekry is.
 
Maroela Media

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.