Babbelgum vir die Siel
Liplekker beesstert─── 08:28 Sat, 20 Jul 2013


Die beesstert word in ‘n drukkoker gaargemaak om tyd te bespaar.
Bestanddele:
1,25 kg beesstert
4 - 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel (opsioneel)
1 koppie water
15 ml margarine
10 ml kerriepoeier
3 ml sout & peper na smaak
60 ml asyn
30 ml blatjang
30 ml tamatiesous
30 ml heuning
Metode:
Om die sous te maak:
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous en
heuning in ’n bak en hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak:
Braai beestert en uie in margarine tot bruin. Voeg water by en drukkook vir omtrent een uur. Voeg artappels & wortels by vleis. Voeg die sous by die vleis. Drukkook nog 15 minute. Haal deksel af en prut vir nog 20 minute - die sous behoort nou al so lekker dik en bruinerig te wees by die vleis.
In die oond (swart ysterpot): Nadat jy die vleis en uie effens bruin gebraai het, voeg bietjie water by in die ysterpot en bak die vleis op ’n lae hitte vir omtrent 5 ure. Dit moet warm genoeg wees dat die vleis gaar en sag word, maar nie so warm dat die vleis in die pot aanbrand nie. Die vleis moet baie stadig gaar word sodat dit lekker sag is. Plaas dan die aartappel, wortels en sous by, maak die deksel toe en bak op dieselfde stadige hitte vir ongeveer nog een uur. Bak dan met lae hitte verder vir
omtrent 15 minute met die deksel af.