Babbelgum vir die Siel
Viskoekies─── 12:04 Wed, 03 Mar 2010

Viskoekies
1 blik (425 g) sardyne in tamatiesous
1 blikkie (200 g) tuna, gedreineer
1 ui, gerasper
1 eier, geklits
10 ml droë pietersielie
125 ml koekmeelblom
Sout en peper na smaak
Druk die sardyne in tamatiesous en tuna fyn.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Voorverhit ‘n pan tot redelik warm. Gooi ‘n bietjie olie daarin.
Skep lepels vol van die vismengsel in die olie en braai weerskante bruin.
Sit die koekies warm voor.