Babbelgum vir die Siel
Bou jou eie sonverwarmer─── 13:05 Mon, 17 May 2010

Die stygende elektrisiteitstariewe noodsaak ons almal om krag te bespaar en met kreatiewe maniere vorendag te kom om byvoorbeeld kos teen ‘n baie goedkoper tarief (eintlik kosteloos) gaar en warm te kry. Jy kan met behulp van jou eie sonverwarmer jou kos halfpad gaar kry en dus die helfte minder van jou oond se krag gebruik.
Dit staan bekend as die “solar box oven”. Die oond is ‘n boks, swart geverf en met foelie oorgetrek om die hitte te absorbeer. Plaas jou kos in ‘n donker pot (met ‘n glasdeksel) en dan binne-in die boks. Neem die boks na ‘n plek wat lekker son kry. Jy sal nie glo hoe warm raak water in die “oondjie” nie. Selfs ryskorrels swel uit en jy hoef dit net vinnig op die stoof klaar gaar te maak.
Die glasdeksel help om hitte binne te hou.
‘n Donker pot met ‘n deksel help om hitte en vog binne te hou.
Swart verf op ‘n klein boks absorbeer hitte.
Die flappe van die boks (wat boontoe wys) is met foelie oorgetrek en help om sonhitte binne-in die boks te reflekteer.