On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Herman se lekker resepte uit Sarie

───   09:39 Wed, 16 Feb 2011

Herman se lekker resepte uit Sarie | News Article

Stadig oor die klippe

Botterskorsies toegedraai in spek
(6 porsies)



Bestanddele:  4 klein botterskorsies, in kwarte gesny en skoongemaak • 1 x 250 g-pakkie spek • 1 hand vol tiemie • 4 knoffelhuisies, gekap • 80 ml olyfolie • sout en varsgemaalde swartpeper • 250 g aspersies, in kookwater gedompel tot sag • 100 g wilde roket.

Metode:  Verhit oond tot 180 ¢C. Draai botterskorsie toe in spekrepies. Plaas in oondpan. Gooi tiemie, knoffel en olyfolie oor. Geur goed met sout en swartpeper. Draai toe in tinfoelie. Oondrooster vir 30 – 45 minute of tot pampoen sag en gaar is. Halveer aspersies in die lengte. Plaas pampoen op bord saam met aspersies en roket. Sit voor met slaaisous van jou keuse.

Engelkoek
Dié koek word net van eierwitte en meel gemaak. Dis baie lig en delikaat. (6 porsies)



Bestanddele:  12 eierwitte • 280 g (335 ml) strooisuiker • 10 ml vanielje-geursel • 160 g (285 ml) koekmeel, 3 keer gesif • 250 ml frambooskonfyt Roomkaas-versiersel 120 g sagte botter • 240 g versiersuiker, gesif • 230 g roomkaas • 250 g frambose • 100 ml heuning

Metode:  Verhit oond tot 160 ¢C. Klits eierwitte met elektriese menger tot sagte punte.Gooi strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en styf. Klits vanielje by. Vou meel versigtig by met slaplemmes. Gooi mengsel in ongesmeerde 30 cm-losboompan. Bak vir 40 – 45 minute of tot buitekant goudbruin is en ’n toetspen skoon uit- kom. Haal uit oond en draai die pan onderstebo op afkoelrak. Laat afkoel.Gebruik ’n slaplem-mes en druk dit tussen die koek en die pan in. Sny dit versigtig los so na aan die pan as wat jy kan en keer versigtig uit. Sny koek met skerp mes horisontaal in twee helftes. Smeer konfyt op een helfte en plaas tweede helfte bo-op. Maak versiersel Klits botter in elektriese menger tot lig en romerig, sowat 5 – 8 minute. Voeg versiersuiker en roomkaas by. Meng goed. Smeer aan kante van koek. Gooi bessies en heuning oor.

NET 30 MINUTE

ETES MET BROOD (bl. 140)
Brood is stapelvoedsel, maar dit hoef nooit vervelig te wees nie!
deur HERMAN LENSING

Broodslaai met aspersie en bokmelkkaas (koskits.jpg)
4 porsies
Die Italianers noem hul tradisionele brood-en-tamatieslaai panzanella. Dié resep is ’n stewiger ete.



Bestanddele:  45 ml olyfolie • 80 ml botter • 160 g brood, in growwe stukke gebreek • 130 g roketblare • 120 g aspersies, in kookwater gedompel• 4 tamaties, in skywe gesny • 100 g bokmelkkaas • 50 g parmesaan-kaas • 50 g kappertjiesaad • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:  Verhit olyfolie en botter tot warm in ’n middelslag-pan. Voeg broodstukke by en braai vir 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Plaas roketblare in opdienbord. Pak aspersies, tamaties en bokmelkkaas op slaai. Sprinkel gebraaide brood oor. Sprinkel parmesaan en kappertjiesaad oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.
Wenk Jy kan ook gebraaide hoender of lamsblokkies bysit.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.