On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

OFM oorweldig deur skenkings aan Dr Blok ná brand

───   SAZLY HARTZENBERG 09:18 Tue, 15 Jan 2019

OFM oorweldig deur skenkings aan Dr Blok ná brand | News Article

Die gemeenskap van Bloemfontein en omliggende gebiede het bymekaargekom om leerders van Dr Blok Sekondêre Skool met noodsaaklike items te help.


Meer as ‘n honderd skoolkinders, asook die koshuisvader en sy vrou, het al hulle besittings Vrydagaand tydens ‘n brand by die koshuis verloor. 

OFM het Maandag hul deure oopgemaak vir enigiemand wat graag 'n skenking wil doen en die reaksie van luisteraars was oorweldigend.  

OFM se Bemarkingsbestuurder, Lindiwe Mtwentula, sê die Central Media-groep is oorweldig en dankbaar namens die skool.

‘n OFM-luisteraar, onder andere, het dit op homself geneem om vir elke leerder ‘n nuwe paar skoene aan te skaf, en Albany Bakery van Virginia in die Vrystaat het 135 skooltasse geskenk. Buiten dit het verskeie skole se leerders ook skenkings gedoen en duisende in kontant is geskenk. 

Luisteraars wat koshuisinwoners met beddegoed, klere, onbederfbare kos en toiletware kan help, kan dit nog vandag tussen 08:00 en 16:00 by die Central Media-park in die noorde van Bloemfontein aflaai.  

Geen kontantskenkings word deur OFM aanvaar nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.