On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kragonderbrekings in Bloemfontein verwag

───   SAZLY HARTZENBERG 17:02 Mon, 21 Jan 2019

Kragonderbrekings in Bloemfontein verwag | News Article

Inwoners in Bloemfontein kan vanaf môre kragonderbrekings verwag. Dit, volgens Centlec-woordvoerder, Lele Mamatu, wat sê dat hierdie kragonderbrekings beplan word vir instandhouding.


Mamatu sê die departement is besig met 'n radikale program om te verseker dat hulle hul netwerke opgradeer en verbeter, veral dié wat nie meer kan doen wat van hulle verwag word nie.

Dit is beplande kragonderbrekings en deel van ons plan om ons netwerk te verbeter. Met die aantal kragonderbrekings wat ons in Desember gehad het, het ons besef dat onderhoud aan die netwerk gedoen moet word

Areas soos Willows, Bloemside, Shannon, Grootvlei en ander sal vanaf môre, 09:00 tot 16:00, daardeur geraak word.

Inwoners van Willows (Victoria- en Faurelaan) kan verwag dat kragtoevoer op 22 Januarie, Willows (Parkweg. Betogerlaan) en op 23 Januarie gesny sal word, Bloemside, Shannon, Grootvlei op 23 Januarie en inwoners van Oranjesig kan kragonderbrekings op 22 Januarie verwag.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.