Central SA
Landbounuus-podcast: Beeste wat teen bek- en - klouseer ingeënt is, is nie geraak nie.─── 14:26 Wed, 06 Feb 2019
Daar is steeds minder as 'n honderd beeste in die Vhembe-distrik in Limpopo wat positief getoets het vir bek-en-klouseer.
Woordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF), Khaye Nkwanyana, sê daarmee saam word die beeste wat teen dié virussiekte ingeënt is nie, is nie geraak nie. Dié diere word slegs as voorkomingsmaatreël ingeënt sodat hulle weerstand het teen bek-en-klouseer.
Hy sê die beeste wat positief getoets het vir bek-en-klouseer word gemonitor. Die regering het daarteen besluit op aandrang van die plaaslike gemeenskap om nie self dié beeste uit te slag nie. Vee-eienaars was nie ten gunste daarvan gewees nie en daarmee saam kan die regering nie dié eienaars vergoed nie.
Daarmee saam is die taakspan wat aangewys is om handelskwessies te hanteer nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het, is hard aan die werk. Pieter Vervoort, voorsitter van die nasionale dieregesondheidsforum, is deel van die bestuurskomitee, waaraan dié taakspan, asook die tegniese en kommunikasie taakspanne, terugvoer gee. Vervoort sê die tegniese taakspan onderhandel fluks met Suid-Afrika se handelsvennote op 'n land-tot-land en 'n kommoditeitsbasis. Dit sodat die uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte van diere met gesplete hoewe kan plaasvind, nadat die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status tydelik opgeskort het. Vervoort sê daar is uitdagings, maar handelskanale is al oopgestel.
Hy sê vleissuitvoere word die meeste geraak.
Volgens Vervoort het die wol en vark bedrywe goeie naspeurbaarheidstelsels in plek wat daartoe bydrae dat buitelandse handel nie so swaar geraak word nie. Wolpryse op veilings is goed en met betrekking tot die varkvleis is daar al begin met uitvoere na Suid-Afrika se buurlande. Dit is omdat die buurlande Suid-Afrika se kompartementstelsels as 'n goeie naspeurbaarheidstel aanvaar.
Agri SA die regering se ondersteuning aan die landboubedryf sal daartoe bydra dat ander sketore van die ekonomie ook vinnig baat vind daarby. Só meen Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur in aanloop tot President Cyril Ramaphosa se tweede staatsrede wat Donderdag in die Parlement gelewer word. Van Zyl sê die regering se boodskap moet vanjaar met die nasionale verkiesing wat plaasvind duidelik wees dat breë ondrsteuning aan 'n volhoubare en dinamiese landboubedryf 'n hoof prioriteit gaan wees. Van Zyl sê verder die onteieningswetsontwerp, die droogtekrisis, waterhervorming, landelike veiligheid en transformasie is van die aspekte waarna dié organisasie gaan let in die staatsrede.
OFM-nuus
