Central SA
NW-man gehospitaliseer toe gemeenskap vriendin se dood wreek─── SAZLY HARTZENBERG 15:03 Mon, 11 Feb 2019
‘n Man (53) is in die hospitaal opgeneem nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe hy deur gemeenskapslede in Jouberton naby Klerksdorp aangeval is.
Noordwes-polisiewoordvoerder, Adele Myburgh, het aan OFM-nuus gesê die gemeenskap beweer die rede vir die aanval is omdat die man sy 42-jarige vriendin doodgesteek het toe sy van hom probeer vlug het.
Die verdagte, wat na bewering ná die voorval gevlug het, is deur lede van die gemeenskap gevang wat die wet toe in hul eie hande geneem het. Hulle het die verdagte met sambokke en klippe bygekom voordat die polisie hom gered het.
Die verdagte sal in die Klerksdorp-hof verskyn nadat hy herstel het.
OFM-nuus
