Central SA
Bfn-student begin inisiatief ná vullis-optellery─── 16:54 Fri, 08 Mar 2019
Die jong Bloemfonteiner wat tydens betogings vullis opgetel het, het 'n inisiatief begin waarmee hy Suid-Afrika wil verenig.
Die 21-jarige student van die Universiteit van die Vrystaat, Eckhard Binding, het 'n herrie op sosiale media veroorsaak toe hy herhaaldelik vullis opgetel het wat betogers op die grond teruggegooi het.
Die jong Suid-Afrikaner het nooit verwag dat die video daarvan so goed sal doen nie, maar glo dat dit 'n geleentheid vir ons almal is om hande te vat. Hy het sy inisiatief, genaamd "Start Talking SA", op Facebook begin met die idee om sosiale samehorigheid te verbeter deur gesprekvoering en taalstudies te bevorder.
Eckhard is skenkings van regoor die wêreld aangebied, so ver as Dubai, Kanada en die VSA. Hy het ook 'n skenkingsfonds begin om donasies in te samel om sy taalprogramme te ontwikkel. Die video is reeds meer as twee miljoen keer gekyk en het 'n belangrike gesprek aanlyn begin oor die huidige stand van ons nasie, ons maniere en respek vir mekaar.
OFM-nuus
