On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 600 onderwysers uit onderwys in Sentraal Suid-Afrika

───   CATHY DLODLO 07:42 Wed, 08 May 2019

Meer as 600 onderwysers uit onderwys in Sentraal Suid-Afrika | News Article

Meer as 600 onderwysers in Sentraal Suid-Afrika het oor die afgelope twee boekjare aftree-ouderdom bereik en die tuig neergelê.


Ingevolge ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in parlement het die nasionale departement van Basiese Onderwys aangedui dat meer as 7 000 onderwysers landwyd gedurende dié tydperk afgetree het. 

Net meer as 280 onderwysers in die Vrystaat en Noord-Wes se name is van die regering se PERSAL-betaalstelsel verwyder, en altesaam 75 het in die Noord-Kaap afgetree. 

Hierdie syfer sluit egter nie vroeë aftrede of bedankings in nie. Die provinsie wat die grootste uitvloei van kennis en ondervinding in die bedryf ervaar het, is die Oos-Kaap, gevolg deur KwaZulu-Natal.  


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.