Central SA
Lyk van hengelaar weke later gevind─── 16:37 Wed, 26 Jun 2019
Die lyk van Bradley Coetzee, wat vroeër die maand by die Vaaldam vermis geraak het, is gevind.
Coetzee, van Johannesburg, het op 6 Junie verdwyn toe hy saam met sy werkgewer, Hendrik Schoeman, in Oranjeville in die Vrystaat gaan visvang het.
Polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê dat Coetzee se lyk gister omstreeks 11:00 gevind is, 'n ent van die twee mans se kampeerplek.
OFM-nuus het voorheen berig dat polisieduikers slegs 'n skoen en sy kanoe gevind het en hul soektog voortgesit het.
