On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Twee broers vul reuse-slaggat

───   07:00 Sat, 06 Jul 2019

Twee broers vul reuse-slaggat  | News Article

Twee broers, Aljay (5) en Ayden (12), saam met hul pa, Leon Bezuidenhout, het ingespring om ‘n pad te herstel in Welkom, Vrystaat, wat vir sy talle slaggate bekend is.


Die driemanskap het self inisiatief geneem om hierdie reuse-slaggat reg voor hul huis in Jan Griemoab straat in Naudéville met gruis en 40kg sement op te vul. Bezuidenhout sê dat die slaggat ‘n groot gevaar was vir nie net motoriste nie, maar vir voetgangers ook.

‘n Pyp wat verlede jaar gebars het, het die slaggat veroorsaak. Bezuidenhout het die munisipaliteit talle kere versoek om dit te herstel, maar daar het niks van die saak gekom nie. Motoriste moet daarvoor uitswaai en Beduidenhout is bekommerd dat hulle deur sy huis se muur sou ry of selfs iemand langs die pad sou raak ry. Hy deel dat sy bure baie beïndruk en dankbaar is vir wat hulle gedoen het. Bezuidenhout rig ‘n versoek aan die Matjhabeng-munisipaliteit om pype wat bars onmiddellik reg te maak om sulke gevaarlike situasies te vermy.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.