On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Fietsryers ry vir liefdadigheid

───   08:00 Wed, 24 Jul 2019

Fietsryers ry vir liefdadigheid | News Article
Colleen en Theo Fourie

Die Meals on Wheels-fietsryspan, Theo en Colleen Fourie, wat ten bate van dié hulpbehoewende organisasie die Noord-Kaap per fiets platry, gaan na verwagting Sondag in Groenpunt, Kaapstad, in die Wes-Kaap aankom.


Hulle het sedert 9 April vanjaar reeds meer as 6 752 kilometers afgelê en het vanuit Upington na Kakamas en Springbok, asook Port Nolloth, gereis.

Die span, wat volgens Colleen tans van Velddrift langs die Weskus na Kaapstad op pad is, behoort Sondag in Groenpunt aan te kom. Fourie sê behalwe die fondsinsameling vir Meals on Wheels, is hulle beïndruk met die landskap en vriendelikheid van die Noord-Kaapse inwoners.


OFM News/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.