Central SA
Menseregtekommissie besoek De Aar─── 09:00 Wed, 24 Jul 2019
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se Julian Masemela in Upington in die Noord-Kaap sê hulle besoek hierdie week De Aar en die omliggende omgewing waar hulle ‘n reeks bewusmakingsveldtogte van stapel stuur.
Hierdie veldtog is ter bewusmaking van mense se basiese regte soos in die grondwet vervat.
Masemela sê die besoek aan De Aar gaan ook na gebiede rondom De Aar uitgebrei word waar die kommissie hulle mandaat gaan herverduidelik aan inwoners, asook waar hulle klagtes aanhangig kan maak.
Hy sê hulle gaan ook klagtes van inwoners aanhoor en oplossings daarvoor probeer kry. Die besoeke kom Vrydag ten einde.
OFM News/Roderick Titus
