Central SA
Liefdadigheid-fietsryspan amper by bestemming─── 13:43 Thu, 25 Jul 2019
Die Meals on Wheels-fietsryspan, Colleen en Theo Fourie, wat reeds meer as 8 000 kilometers per fiets deur die Noord-Kaap gereis het ten bate van die hulpbehoewende organisasie, het in die Wes-Kaap aangekom en is tans by Yzerfontein.
Hulle is op pad na Kaapstad waar hulle Sondag by die Noord-Kaapse en Wes-Kaapse fietstoer ten bate van Meals on Wheels in Groenpunt gaan aansluit.
Dié span het sedert 9 April vanjaar vanuit Upington deur Kakamas en Springbok, asook Port Nolloth in die Noord-Kaap, gereis.
OFM-nuus/Roderick Titus
