Central SA
Wit vragmotor op plaas buite Kroonstad gesteel─── 12:23 Fri, 26 Jul 2019
‘n Wit drie-ton Mitshibushi Fuso vragmotor, met registrasienommer QT 18 FS, is vroeg vanoggend op die plaas Riverview buite Kroonstad in die Vrystaat gesteel.
Die vragmotor behoort aan Quantum Field Services. Hendrikus Wentsworth, die eienaar se seun, het aan OFM-nuus verduidelik dat een van die werkers vroeg vanoggend ontdek het dat die plaas se hoofhek oopgebreek is en toe opgemerk het dat die vragmotor weg is.
Die saak is by die polisie aangemeld. Daar is nog geen leidrade nie. Wentsworth het verduidelik dat die besigheid se logo “QT” op die vragmotor se deure aangebring is.
OFM-nuus/Elsabé Richard
